Rugby

Landboudal spog met nege rugbyspanne. Rugby is hier ‘n leefwyse. Landboudal maak gebruik van vyf interne- en sewe buite-afrigters. Rugby word waardegedrewe afgerig waar dissipline, respek en ‘n positiewe gesinheid, hoog geag word.

Landboudal neem aan die Vrystaat A-liga deel, waar daar teen van die top Bloemfonteinse skole gespeel word. Verder is Landboudal ook teenwoordig by Suid-Afrika se groot sportdae asook ses interskool-byeenkomste. Spelers kom in aanmerking vir Vrystaatse provinsiale spanne.

Drie o/19-spelers is in 2018 vir die SA Plattelandspan gekies en 1 vir die o/16 SA Plattelandspan wat in Ierland gaan toer het. Agtien van die 23 spelers wat vir die o/19 Suid-Vrystaat span gekies is, was Landboudalspelers.



Die O/16-span is die 2019 Vrystaat-skole kampioen. Al Landboudal se ander spanne het in die semi-finale deelgeneem. 'n Totaal van 10 Landboudal rugbyspelers is vir die jaar 2019 in nasionale spanne opgeneem - sewe in die O/19 SA-Plattelandspan tydens die VKB-Reitzweek en drie O/16 Spelers in die SA-Plattelandspan. Die spanne toer onderskeidelik in September en Desember na Italië. Verder lewer Landboudal agtien O/19, sestien O/17, sewentien O/16 en vyftien O/15 spelers in die Suid-Vrystaat streekspan.

View the embedded image gallery online at:
https://landboudal.co.za/sport/rugby#sigProIda1b901a5c8