Netbal

Welkom By Lantie-Netbal!

Ons het ‘n vol seisoen en speel netbal teen ander skole reg oor Suid-Afrika. Landboudal speel jaarliks in die Groter Bloemfontein-B liga waar ons teen sterk skole kompeteer. Landboudal spog met goeie uitslae. In 2018 het Landboudal derde in die Vrystaat geëindig en spog met 6 spelers wat by die Vrystaatspan ingesluit is.

Oefening vind 4 keer ‘n week plaas en kondisionering van spelers vind in die gimnasium plaas, waar spelers gratis onder toesig kan oefen. Kondisioneringsprogramme word vir spelers uitgewerk, vordering word gekontroleer en individuele aandag word waar nodig gegee.

Enige afrigter streef na sukses, maar hoe meet ‘n mens sukses behalwe deur na die telbord te kyk? Hier op Landboudal streef ons daarna om gebalanseerde jongmense vir die lewe voor te berei. Ons werk hard en speel net so lekker. Ons bou hier aan die liefde vir netbal en liefde vir jou medemens. Ons bou ook aan die karakter van elke speler en om as ‘n span saam te speel, want in die lewe is jy ook altyd deel van ‘n span. Netbal bou nie karakter nie dit onthul jou karakter. Sukses word slegs deur harde werk en deursettingsvermoë behaal. As jy een maal Landboudal se water geproe het, is jou bloed groen.
-COR-MARIE HERBST (Afrigter)

View the embedded image gallery online at:
https://landboudal.co.za/sport/netbal#sigProId23e4ba8268