Landboudal is verál bekend vir sy rugby – die kleiner skool met die groter hart. Landboudal neem deel aan die Vrystaat A-liga en staan vir geen een terug nie. Met slegs 220 seuns waarvan 140 rugby speel, pronk die skool steeds met 9 spanne.
In 2024 maak Landboudal geskiedenis toe hulle met 5 spanne vir die semi-finale in Bloemfontein kwalifiseer waarvan 3 spanne deurgedring het na die finaal. In dieselfde jaar wen Landboudal hierdie liga en dring deur die na die Kovsie semi-finale.
Landboudal Boere – Die Eerste span – toer jaarliks na Glenwood in Durban terwyl die O/16 Rovers na Jeppe in Johannesburg toer.
Landboudal het ook vele verteenwoordigers in onderskeie Vrystaat-spanne onderskeidelik in die Grand Khomo, Arende en O/17-Vrystaat spanne.
Sewes is ook groot op Landboudal. Die Lanties neem jaarliks aan verskeie 7’s-toernooie deel en vertoon puik.