Landboudal se boerdery is op die plaas Klipfontein in die Suid-Vrystaat net buite die dorp Jacobsdal geleë. Die plaas bestaan uit soetveld met ‘n relatiewe lae weidingkapasiteit en reënval per jaar en is ongeveer 2000ha groot.

Die boerdery maak deel uit van die Oranje Riet-kanalestelsel wat water uit die Vanderkloofdam ontvang.

Die boerdery beskik oor besproeiing wat jaarliks groente, pekan, mielies, lusern en aangeplante weiding produseer asook ‘n veeboerdery wat op Merinos, ‘n Limosin-stoet, braaikuikens en hoenders fokus. Die boerdery dien as onderrigmedium vir alle      landbouleerders.

Boerdery op Landboudal lyk tans so:

Pekanneutbome: Die aanplant van 274 jong pekanneutbome toon goeie groeipotensiaal.

Aangeplante weiding: 8,6 ha weiding bied aanvullende voeding vir die vee.

Mielies: Landboudal-boerdery het  vanjaar 52 hamielies geplant. Die mielie-oes was effens laer, teen 16,4 t/ha, maar danksy ’n sterk prysstrategie het dit steeds ’n goeie jaar opgelewer.

Lusernproewe: NLT is steeds besig met hul 5 ha lusernproewe.

Limousin-stoet: Landboudal se Limousin-stoet het uitgebrei van 76 tot 107 beeste.

  • Koeie: 51
  • Bulle: 10
  • Kalwers: 23

Droughtmaster-stoet: Landboudal is baie opgewonde oor die stigting van die nuwe Droughtmaster-stoet met 8 verse.

Merinos: Daar is 360 skape in die kudde. Landboudal het die DSS-program geïmplementeer om die sukses van die kudde met presisie te monitor.

  • Ooie: 304
  • Ramme: 6
  • Lammers: 51

Lêhenne: Landboudal se 500 lê-henne presteer goed deur die jaar waarvan die meeste eiers deur die koshuis verbruik word.

Landboudal is opgewonde oor die aankoop van ’n Massey Ferguson-trekker, ’n Krone-baler asook ’n vurk wat aan die trekker gemonteer word.

Die uitdrukking “Die bodem is die lewe” word elke seisoen meer toepaslik namate weersomstandighede en klimaatwisselvalligheid toeneem. Deur gesonde grondlewe te bevorder, beter bestuurspraktyke toe te pas en deeglike prysstrategieë te volg, kan ons die impak van onsekere  pryse en klimaatsverandering tot ’n mate versag.

Uiteindelik kan ons net nederig bly, op ons knieë gaan en dankie sê vir al ons seëninge. Mag die nuwe seisoen vir almal voorspoed, wysheid en volhoubare groei bring.

– Roger Nolan (Plaasbestuurder) in samewerking met die Landboudepartement

 

Groenteland

In November 2023 het die groentetuin begin met die aanplanting van verskeie gewasse. Die volgende saailinge is geplant, verskaf deur PPP-Saailinge:

Somergewasse:

Crown Prince: 200 saailinge

Hubbard: 120 saailinge

Waatlemoen: 60 saailinge

Tamaties: 400 saailinge

Butternuts: 300 saailinge

Spinasie: 2000 saailinge

Lemoenpampoentjies 300 saailinge

Boerekomkommer 60 saailinge

Wintergewasse:

Kopkool 200 saailing

Brokkoli 300 saailinge

Blomkool 300 saalinge

Die groentetuin beskik oor verskillende besproeiingstelsels en die saailinge word op verskillende maniere natgemaak. Soos byvoorbeeld drupperstelsels wat intern en ekstern gebruik word. Daar is ook ‘n verskeidenheid sproeiers. Groente en drupperstelsels loop hand aan hand by Groenteland.

Verskeie borge is deur die jaar ontvang waarvoor Groenteland baie dankbaar is.

Die Gr. 9 leerders is verantwoordelik vir die groentetuin en is deurentyd betrokke by die proses van die groenteverbouing. Daar is geen verliese tydens die verbouingsproses gely nie. Al die saailinge het goed gegroei en die produk is teen ‘n goeie prys verkoop. Die verkope was suksesvol en van die groente word ook aan die koshuis verskaf.

Daar is 400kg tamaties, 600kg butternut, 250 bossies spinasie en 2800 lemoenpampoentjies aan die koshuis teen markprys verskaf en nog vele meer.