Landboudal se boerdery is op die plaas Klipfontein in die Suid-Vrystaat net buite die dorp Jacobsdal geleë. Die plaas bestaan uit soetveld met ‘n relatiewe lae weidingkapasiteit en reënval per jaar en is ongeveer 2000ha groot.
Die boerdery maak deel uit van die Oranje Riet-kanalestelsel wat water uit die Vanderkloofdam ontvang.
Die boerdery beskik oor besproeiing wat jaarliks groente, pekan, mielies, lusern en aangeplante weiding produseer asook ‘n veeboerdery wat op Merinos, ‘n Limosinstoet, braaikuikens en hoenders fokus. Die boerdery dien as onderrigmedium vir alle landbouleerders.