Landboudal neem in die Vrystaat se A-liga afdeling deel, waar ons teen groot skole kompeteer. Alhoewel die kompetisie baie sterk is, toon elke meisie karakter.
Verder word daar aan verskeie interskoles en toernooie deelgeneem. Tydens die George-toer het die meisies weer met die beker in 2024 huis toe gekom en eindig met ‘n eerste plek tydens die Sand du Plessis Fast 5-toernooi en tweede tydens die Jim Fouché-toernooi.
Landboudal lewer ook gereeld verskeie meisies in Vrystaatspanne op.