Op Landboudal word daar beslis nie net geboer en sport gedoen nie, maar die kultuurdepartement is ook baie bedrywig.

Die ATKV-Tienertoneel en ander toneelfeeste is beslis ‘n hoogtepunt op die kalender. Tydens hierdie feeste ontvang die Lanties puik graderings en toekennings. Verder neem die skool ook deel aan die Noord-Kaap Kunsfees in verskillende genres.

Klavieronderrig vaar puik met verskeie leerders wie hul Unisa Graad 7 eksamens suksesvol voltooi. Kitaar- en ander instrumentaleonderrig word privaat aangebied.

Die ATKV-Jeugtak is baie aktief en bied verskeie projekte deur die jaar aan, veral vir taalbewusmaking en kultuurerfenis.

VCSV vorm ‘n groot deel van die kultuurprogram en bied deur die jaar geesweke en eredienste aan.

Indien jou tong los is en jy hou van redenaar, is die redenaarsklub beslis die plek om te wees. Verskeie sprekers lewer jaarliks uitstekende toesprake.