Kultuuraktiwiteite

Landboudal bied verskeie kultuuraktiwiteite om daardie gebalanseerde program te verseker.

Ons neem jaarliks aan die ATKV-Tienertoneel in die Wynand Mouton-Teater in Bloemfontein deel waar ons met skole regoor Suid-Afrika kompeteer. Verder neem die revue ook deel aan die Sand du Plessis-revuefees wat jaarliks in die Sand du Plessis teater gehou word. Die skool se VCSV is baie aktief en hou ‘n paar jeugweke elke jaar waar daar sprekers reg oor die wêreld van hulle ervaringe kom vertel.

Kultuuraktiwiteite op Landboudal sluit in:

  • ATKV-Tienertoneel
  • Redenaars
  • Revue
  • VCSV
  • Musiek
  • Natuurklub
  • Kultuurdag
  • ATKV-Jeugtak