Landboudal krieket het ongelooflik gegroei in die laaste 3 jaar. Landboudal spog in 2022 met geakkrediteerde afrigter en skeidsregter. Kursusse word bygewoon om vaardighede van afrigters op te skerp wat dan na die spelers oorgedra kan word.

Landboudal neem met 5 Krieketspanne (3 x O/19 en 2 x O/15) aan die Bloemfonteinliga deel. Die 0/19A en 0/15A-spanne kompeteer in die Superliga terwyl die 0/19B, 0/19C en 0/15B-spanne in die Eersteliga meeding.

Landboudal speel van vanjaar af in die Sentrale-Skole-Liga,waar die 0/19A en 0/15A 50-boulbeurtwedstryde teen Bethlehem Voortrekker, Witteberg, Trio Hoërskool, Goudveld, Welkom Gimnasium, St. Dominics, Fichardtpark, Sentraal, Jim-Fouchè, Diamantveld en Noord-Kaap, speel.