Die Lantiehuis is jou huis weg van die huis. Landboudal beskik oor 3 koshuise – 2 Meisies- en 1 Seunskoshuis. Hier ontvang leerders 3 gebalanseerde etes per dag. Daar is slegs 2 leerders per kamer en genoegsame studietye wat goeie akademiese uitslae verseker. Landboudal se koshuise is op die terrein wat die afstand na aktiwiteite moeiteloos maak. Sowat 90% van Lanties gaan tuis in die koshuise en koshuisleerders kan oor naweke inbly met slegs een verpligte uitnaweek per kwartaal.

Die Lantiehuis is die hartklop van Landboudal wat beteken dat dit hier is waar hegte vriendskappe gebou word. Die Lantie huis waarborg baie pret en beloof ‘n ryke skoolloopbaan met baie herinneringe.

Ander fasiliteite beskikbaar:

  • TV
  • Washuis
  • Vervoer na dokters en hospitale
  • Bywoning van eredienste

Koshuismoeder

Mev. Nel

082 320 2543

Koshuisvader 

Mnr. van der Ryst

073 220 1447