Junior Landbouvereniging

Landboudal se Junior Landbouvereniging is ten doel om jong landbouers aan die wêreld van georganiseerde landbou bloot te stel. Hierdie vereniging skakel met instansies soos Vrystaat Landbou, BKB, GWK, Rolfes-Agri en ander landbouverwante maatskappye.

Hulle bied jaarliks suksesvolle projekte aan met die doel om fondse vir landbou-onderrig te genereer. Reeds in 2024 instaleer die vereniging die DSS-Sisteem by die Merino’s om presisieboerdery te bevorder.

Landboudal is trots om die boompies vir georganiseerde Landbou van vroeg af te buig!