Oorsig

Landboudal se boerdery is op die plaas Klipfontein in die Suid-Vrystaat net buite die dorp Jacobsdal geleë. Die plaas bestaan uit soetveld met ‘n relatiewe lae weidingkapasiteit en lae reënval per jaar. Die boerdery maak deel uit van die Oranje Riet kanalestelsel wat water uit die Vanderkloofdam ontvang. Die boerdery beskik oor besproeiing wat jaarliks mielies, lusern en aangeplante weiding produseer, ‘n veeboerdery wat op Merinos, beeste, melkery en hoenders fokus. Die boerdery is daarop gefokus om as onderriginstansie vir Landboudal se leerders te dien.