Atlete neem deel aan verskeie byeenkomste en vaar uitstekend. Ses atlete gaan neem aan die Vrystaat-kampioenskappe deel in 2024. Harde werk word beloon met twee atlete wat aan die SA- en ASA-Skolebyeenkoms gaan deelneem. Tydens die SA- en ASA-Atletiekbyeenkomste het Justine Rampaleng en Sandri van Niekerk hul goed van hulle taak gekwyt en behaal die volgende:

SA ATLETIEK – Jusitne Rampaleng o/19

  • 200m 8ste plek

  • Verspring 2de plek

  • 4 x 100m aflos 3de plek

ASA ATLETIEK – Justine Rampaleng o/19

  • Verspring 6de plek

ASA ATLETIEK – Sandri van Niekerk o/17

  • Hoogspring – 14de plek