Landbouvakke

Landboudal sorg vir die unieke vak, Landbouwetenskap, in graad 8&9. Hierdie vak gee leerders ‘n oorsig van landbou en kweek ‘n liefde daarvoor om sodoende Landbouvakke in graad 10 te neem.

Leerders van graad 10 tot 12 het ‘n keuse van drie uiteenlopende landbouvakke:

  • Landbouwetenskap – Hierdie vak is wetenskaplik gerig en berei leerders wat B.sc Agric wil gaan studeer, daarop voorm
  • Landboubestuurspraktyk – Hierdie vak is op die praktiese en bestuurselemente van boerdery gemik. Dit lei veral voornemende studente wat B.Agric wil gaan studeer, op
  • Landboutegnologie – Hierdie vak sluit geweldig by Landboubestuurspraktyk aan, maar is meer op die tegniese gedeelte van boerdery gerig en dien as aanvullig vir die studeer van B.Agric.

Alle Landbouvakke beskik oor ‘n praktiese assesseringstaak waar leerders projekte bou of indiepte navorsing moet doen.

View the embedded image gallery online at:
https://landboudal.co.za/akademie/landbouvakke#sigProId45563ae61e