1
2
3
4
5
6
M1
M2
M3
M4
M5
previous arrow
next arrow

WELKOM OP LANDBOUDAL

Die Oasis Van Die Dorre Suid-Vrystaat

Hier glo ons nog dat die bodem die lewe is en dat die grond lewe bring. Landboudal het sy ontstaan gehad in die vroeër veertigerjare toe hy aanvanklik as ‘n tegniese- en ‘n ambagskool, geleë in die sentrum van die klein dorpie Jacobsdal, gestig is. Hierdie skool het later in die vyftiger jare omgeskakel van ‘n tegniese na ‘n Landbouskool en het vanaf die dorp na die kampus waar ons vandag is, verskuif. In die vroeë sewentiger jare het die skool amptelike akademiese, tegniese en Landbou-status ontvang.

Vandag is Landboudal ‘n skool wat vakstudierigtings uit verskeie terreine aanbied. Sedert die skool se ontstaan het dit nog net van krag tot krag gegroei tot die trotse landbouskool wat dit vandag is.

Landboudal is naby aan groter sentrums, maar tog ver genoeg weg van stedelike invloede. Hier is kinders nog kinders in die natuurskoon, opelug en platteland. Landboudal lei kinders van alle professies die wêreld in om selfstandig, selfgeldend en innoverend te wees. Die bodem is die lewe!

Uit die hoof se kantoor

Skakel na Facebook

Skakel na Instagram